Niemand kan dit verklaar nie. Maar hierdie fantastiese verskynsel het laas in 2010 plaas gevind. Die Sandhof lelies van Namibia. Dit verskyn so 4 tot 5 dae na ‘n goeie reënbui die bykans 700 hektaar pan met ongeveer 30 cm water gevul het. En dan blom die Amarillas net vir 5 – 7 dae. Dis dan dat jy maak om daar te kom. Duisende besoekers trotseer modder en sinkplaat paaie na die plaas Sandhof net noord van Maltahohe, om hierdie fenomeen waar te neem. Vanjaar was dit seker een van die mees skouspelagtigste vertonings wat ons kon sien. Ek was bevoorreg om hierdie naweek dit te gaan kyk. Tussen daardie duisende lelies, met kleure wat wissel tussen diep pienk en wit, te sit. Die soet geur in te asem en net verstom te wees. Oor die hoekom en hoe gaan ek nie wonder nie…. ek weet watter Hande het hulle daar gaan wegsteek en Wie dit laat groei. En dis al wat ek moet weet….
