ZA Luister na die boodskap

Bedoel vir voorbidders en alle mense van Suid Afrika wat glo dat GOD ons harte ken en gretig wag dat ons in gebed na HOM toe sal kom in gebed en vra vir verlossing / uitkoms van die grusame moorde op ons land se plaasmense. Ons bid ook dat VADER mense aan bewind sal stel om na die belange van alle Suid Afrikaners om te sien. Skrifverwysing Psalm 91 vanaf vers 14.
Omdat hy My liefhet, sê God, daarom sal Ek hom red; Ek sal hom beskerm, omdat hy my Naam ken.
Hy sal My aanroep, en Ek sal hom verhoor; in die nood sal Ek by hom wees; Ek sal hom uitred en eer aan hom gee.
Met lengte van dae sal Ek hom versadig, en Ek sal hom my heil laat sien.

Leave a comment