Verhoudings

Dus: moenie saam met hulle aan hierdie dinge deelneem nie. Efesiërs 5:7 NLV Om iemand te laat gaan beteken nie dat jy nie meer vir hulle lief is nie; dit beteken net dat die verhouding nie reg is vir jou nie. Hoe moet jy dit hanteer? 1) ‘n Geleidelike skeiding is soms die beste oplossing. […]

Hoe om jouself te vergewe

“Ek, ja, Ek alleen, is die Een wat julle sondes uitwis. Ek doen dit ter wille van Myself en Ek dink nie weer daaraan nie. Jesaja 43:25 NLV God sê in sy Woord: ‘Ek, ja, Ek alleen, is die Een wat julle sondes uitwis. Ek doen dit ter wille van Myself en dink nie weer […]

Moenie beterweterig wees nie

’n Verstandige mens bly stil oor sy kennis. Dwase basuin hulle onkunde uit. Spreuke 12:23 NLV Sukkel jy om jouself daarvan te weerhou om ongevraagd raad te gee? Gebruik jy gereeld uitdrukkings soos: ‘Jy moet,’ of ‘Jy moenie’? Mense is geneig om iemand kwalik te neem wat altyd aanneem dat hulle weet wat die beste […]

Gee God die eerste oomblikke van jou dag

O God, U is my God, ek soek na U, ek smag na U; my hele liggaam verlang na U soos ’n dor land sonder water. Psalm 63:2 NLV Hoe lyk die eerste oomblikke van jou dag? Skakel jy die televisie aan, of haas jy jou na die badkamer, of begin jy dadelik op jou […]

Om ander mense lief te hê en te aanvaar

Moet niks uit selfsug doen of om daarmee te spog nie. Wees eerder nederig deur van medegelowiges meer te dink as van jouself. FILIPPENSE 2:3 NLV Jy kan leer om iemand lief te hê en te aanvaar, sonder om noodwendig met hulle opinies saam te stem of hulle dade of leefstyle goed te keur. ‘n […]

Hanteer vrees (7)

God het die Heilige Gees vir ons gegee, en daarom is ons nie bang nie. Nee, die Heilige Gees maak ons sterk en help ons om lief te wees vir mense en om reg te besluit wat ons moet doen. 2 Timoteus 1:7 ABA Gedurende die Amerikaanse Revolusie, het Spanje beheer van die Bahamas oorgeneem. […]

Laat jou woorde tel

4 ’n Man se woorde kan diep waters wees, ’n borrelende fontein waaruit wysheid vloei. Spreuke 18:4 NLV Wanneer Salomo van ‘diep waters’ praat, verwys hy na die water in die bodem van die put wat die skoonste en die koelste is. As jy wil weet watse tipe water ‘n put het, moet jy na […]

Oorwin versoeking.

Wees waaksaam en bid sodat julle nie in die versoeking kom nie. ’n Mens se gees is wel gewillig, maar jou liggaam hou nie altyd by nie.” Matteus 26:41 NLV Hoekom het Jesus vir sy dissipels gesê: ‘Wees waaksaam en bid. Anders sal die versoeking vir julle te sterk word. ‘n Mens se gees is […]

Laat God gesien word – nie jy nie

Matteus 6:1 NLV Jesus het sy hardste veroordeling vir diegene wat goeie dade doen om gesien te word, gereserveer. Hy het hulle hipokrate (skynheiliges), die oorspronklike Grieks vir akteur, genoem. Akteurs in die eerste eeu het maskers gedra. Dus is ‘n hipokraat iemand wat ‘n masker, ‘n vals gesig, aansit en vir die applous van […]

Wees sterk. Wees veerkragtig.

“Maak jou woning groter. Span jou tent wyer, en moenie huiwer nie. Maak die tentlyne langer en slaan die penne dieper in. – Jesaja 54:2 NLV   Die Golden Gate brug in San Francisco kan tot 6 meter in enige rigting van sy middelpunt af beweeg. Al die parte, insluitende die sement ryvlak, staalrelings en dwarsbalke […]