Hanteer vrees (7)

God het die Heilige Gees vir ons gegee, en daarom is ons nie bang nie. Nee, die Heilige Gees maak ons sterk en help ons om lief te wees vir mense en om reg te besluit wat ons moet doen.

2 Timoteus 1:7 ABA

Gedurende die Amerikaanse Revolusie, het Spanje beheer van die Bahamas oorgeneem. In April van 1783, het Andrew Deveaux, ‘n luitenant-kolonel van Suid Carolina, ‘n handjievol soldate bymekaar gemaak om Nassau met ‘n slim strategie terug te neem. Deveaux het net tweehonderd manne by hom gehad, ‘n baie kleiner mag as die Spanjaarde, maar tog het hy daarin geslaag om die eiland na ‘n kort skermutseling te verower.

Die Spanjaarde het toegekyk hoe bote manskappe na manskappe van Deveaux se skepe tot sy verdedigende posisie op die oewer geneem het. Wat die Spanjaarde egter nie ge weet het nie, was dat dit dieselfde mans was wat heen en weer gegaan het deur op te staan wanneer hulle na die eiland toe geroei het en plat te lê in die boot wanneer die boot na die skip toe teruggekeer het. Die leier van die Spaanse troepe het ‘n nederlaag van ‘n baie groter mag gevrees en hulself dus oorgegee.

Wanneer jy aan vrees toegee, is jy reeds oorwonne. Mense wat deur vrees regeer word, bly waar dit veilig is. Dis hartseer, want jy kan nie jou volle potensiaal bereik deur te bly waar dit veilig is nie. Shakespeare het gesê: ‘Our doubts are traitors, and they make us lose what we oft might win, by fearing to attempt.’

Wat sou jy aangepak het as jy seker was dat jy nie kon misluk nie? Voor jy antwoord, lees eers hierdie woorde van Dawid: ‘Die dag dat ek U roep om hulp, val my vyande terug. Omdat God aan my kant is, weet ek dit beslis’ (Psalm 56:10 NLV). Glo dat God vandag aan jou kant is en pak dan die ding aan wat jy bang is om te doen! Jy sal nooit weer dieselfde wees nie – jy sal bevry wees!

deur Bob & Debby Gass | Radio Kansel

One thought on “Hanteer vrees (7)

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s