Maanlig


“Nader my God by U, nogsteeds naderby.” Die lied bring trane na my oe. Elke keer. Elke slag wanneer ek dit hoor. Elke keer wanneer ek dit sing. Enige plek. Enige tyd. “Nader my God by U, nogsteeds naderby.”

Die onsinkbare skip, ‘Titanic’ het Southampton verlaat. Nooiensvaart, na New York. Drie dae op die ysige see. Wie sal ooit vergeet. Kate Winslet en Leonardo DiCaprio. Hulle oomblik van liefde, geluk en vreugde. Hulle staan op die boeg van die skip. Haar arms soos vlerke gesprei. Sy leun vooroor. Hy hou haar veilig in sy arms. Daardie nag, 14 April 1912. Begin die einde van 1496 mense. Die 8 man orkes speel” Nader my God by U, nogsteeds nader by.” Tot die end. Hulle einde. Hulle het dit gedoen om die passasiers te kalmeer. Hulle sak saam, met die twee wrakstukke, van die skip. Af. Af in die vriesende waters, van die Noord Atlantiese Oseaan. Vir ewig. Die groot wit maan, verlig die oseaan. Die maanlig val dof, op drywende lyke.

Ek is ses jaar oud. Die plaasfoon lui. Dit is ons lui. Drie kortes. Daardie lui was altyd dieselfde, selfs na ons vertrek. My pa tel op. “Ja, enige tyd. Wanneer dit jou pas. Laat weet net.”

Die Chev bakkie hou op die plaas stil. Die bestuurder klim uit. Hy is alleen. Hy is fors gebou. Sterk hande en fris arms. Kort broek en kortmou hemp. Geen hoed. My pa stap hom tegemoet. Hy dra hoed. Hulle skud blad. My pa is groter. Hulle ken mekaar al vir jare. Hy is oom Horak. Die Boorman, van die distrik.

Oom Horak, het vier weke gelede, op die buurplaas , ‘n geweldige sterk aar, raakgeboor. Hy reken die aar is ook aan ons kant. Bo op die berg. Hy wil gaan kyk. Ons drie gaan te perd. Berg op.

Ons is bo. Ons klim uit die saal. Ek stap tot op die afgrond. My tone steek oor. Ek is gewoond aan hoogtes. Ek ken geen vrees.

Dertig jaar gelede. Ek staan weer daar. Ek het finaal kom afskeid neem, van die plaas. My oupa is dood. My pa is dood. Oom Theuns is dood. Die plaas, my geliefde plaas, is ook dood. Vir my. Vir ewig. Hy is ook saam met die Titanic. Af. Af vir ewig. Niks sal ooit weer dieselfde wees nie.

Ek kyk af. Die gly knoop van die galgtou, trek styf. Om my nek. Ek wil dit afhaal. My hande kom tot langs my sye. Dit beweeg op. Ek staan soos Kate Winslet. Die tou trek styf. Dit lig my op. Ek staan op my tone. Ek gaan vorentoe val. Die tou hou my terug. Nie Leonardo DiCaprio nie. Ek het geen liegde, geluk of vreugde nie. Ek ervaar vrees.

Die luislang, trek sy spiere saam. Elke keer wanneer ek uitasem. Ek voel hoe my borskas saamgepers word. My longe is te groot vir my bors. Hulle werk nie. Die tou lig my hoer. Ek leun verder vooroor. Ek gaan val. Ek wil val. Die afgrond roep my. Ek het hoogtevrees ontwikkel. Binne 2 minute. Op die afgrond. Op die plaas, bo op die berg.

As kind, het ek bang, geken. Ek het alleen, in my eie kamer, op die plaas geslaap. Ek was bang vir Brolloks en Bittergal. Die heks, wie kinders in die pot sit, om gaar te maak. Ek was soms, bang, wanneer ek donkies en wilde perde, wou ry. Niemand het dit geweet nie. Soms, selfs nie ek nie. As jong man was ek bang ek word gevind, waar ek wegkruip, op die grens. Almal om my dood. My brein was nooit bang nie. Dit het oortyd gewerk. Planne gemaak. Oplossings gevind. Ek en hy, is daar weg. Ongeskonde. Vrees. Ek ken geen vrees nie. Tot nou. Op die kranse van die plaas.

Die teuels van Maanlig, is in my hand vasgeklem. Hy staan agter my. Ons is alleen. Dit is die buurman se perd. My geliefde plaas word verhuur. ‘n Dassie verskyn by my voete op die krans. Ek val vooroor. My arms agter my. Die dassie hol. Maanlig skrik. Hy ruk sy kop. Ek het Rigor Mortus. Die teuels, geklem, in ‘n ystergreep, in my hand, ruk my tot teen die perd. Ek beland op my sitvlak. Weg van die afgrond.

Maanlig is dood. Twee jaar nadat hy my lewe gered het. Ek is na die buurman se plaas. Daar was ‘n graf gegrawe. Ons het Maanlig gesleep tot in die graf. Toegemaak met komberse, wat ek gekoop het. Kussing, onder die kop. Die pragtige wit perd, het soos die volmaan op ‘n wolklose nag gelyk. Maanlig. Ek het in my hart gesing: “Nader my God by u, nog steeds nader by.” Ek het gehuil. Dit kon ek gewees het. Maanlig het my lewe gered. Twee en dertig jaar gelede. Hy leef tot vandag. Vir altyd. In my hart. Maanlig. Die pragtige wit perd.

geskryf deur Stoffel Lombard

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s