Die Donkie Boks

Ses myl uit Aberdeen, aan die linkerkant, op die Graaff – Reinet pad, boer die donkiekar-boer. Sy oupa het dorptoe gekom, met die donkiekar. Sy pa het dorp toe gekom, met dieselfde donkiekar. Net die donkies het verander. Elke keer met ‘n nuwe boer wat leisels hou. Die donkiekar was nog mooi en het lekker gery. Ek weet. Ek het ook daarop gery. Klopdisselboom, op die grondpad van Aberdeen .

Donkies kan mooi wees, nog mooier en baie mooi. Daai donkies was baie mooi. Hulle was groot. Hulle was liggrys met die donkergrys kruis op die skof, asof iemand dit geverf het. Hulle was mooi gebou. Nie vet nie. Nie maer nie. Hulle het ‘n houding van trots, soos ‘n perd, gehad.

‘n Donkie hol nie soos ‘n perd nie. Hy hol soos ‘n donkie. Sy lyf bly reguit. Die bene beweeg onder hom soos ‘n motor, se wiele. Die motor se lyf, staan stil. Die donkie se lyf, staan stil. Vinnige perde, hol soos ‘n windhond. Die rug buig. Die hond se agterpote kom verby sy kop. Dit vat voor hom grond. Sy rug is krom. Die rug raak reguit. Die voorpote lig op en trap ver voor sy agterpote. Dis die hol van die perd. Die hol van die donkie is gemaklik. Die bene beweeg. Jy bly langer op ‘n donkie se rug, wat jou nie daar wil he nie. Die perd kry jou gouer af. Ek wou altyd daai donkies gery het. Ek gaan nog.

Die donkiekar hou voor die Hoekwinkel stil. Die oom koop proviand vir volgende week. Dit gaan ‘n lang Vrydag op die dorp wees. Die tannie weet. Sy bly op die plaas. Die oom laai. Die donkies trippel. Hulle ken die pad. Hulle gaan staan. Die oom klim af. Hy gaan op met die trappies, hy is flink en regop. Hy stoot die swaaideure oop. Hy gaan in. Hy kom nie uit nie. Die donkies se swaar koppe hang. Dit is Vrydag. Hulle staan, net soos donkies kan staan. Hulle wag.

Die swaaideure gaan stadig oop. Iets kom uit. Dit klou soos ‘n slak aan die muur. Dit kom le-le, regop, teen die muur van die stoep, na die trap. Daar stop dit. Dit is oom Donkiekar. Hy draai stadig om en hou aan die reling van die trap vas. Hy kom voetjie vir voetjie, in reverse, met die trappies, af. Onder draai hy. Hy is een tree van die Donkiekar. Hy was ‘n langman. Hy los en val bo op die donkiekar. Hy skuif reg op die vloer. Hy kry sy le. Op sy rug, hoed oor die gesig.

Hy se iets soos plaas. Die donkies hoor, hulle, is slim. Hulle loop terug na die plaas. Langs die grondpad, na Graaff – Reinet. Hulle draai af van die grootpad. Hulle staan voor die toe hek. Hulle swaar koppe begin weer hang. Vrydae kan lank wees.

Die tannie kyk op die wekker. Dit is tyd om hek toe te gaan. Miskien is haar man, met volgende week, se “groceries,”daar. Hy werk so hard gedurende die week. Vrydae, is ook lank vir haar. Sy is die room van die oes van die boer, op die donkiekar se vloer. Elke dag is vir haar lank. Sy is die pilaar van die plaas. Dit rus op haar.

Stoffel Lombard . .

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s