Donkie Ry.

Ek het myself belowe: die Donkiekarboer se donkies gaan ek ry. Die dag het gekom. Ek is met die ‘helm’, gebore. Saul van ouds, kon my ook geraadpleeg het, as hy nie vir Samuel, kon kry nie.

Die donkies kom met ‘n houding Aberdeen binne getrippel. Tannie Sara hou die leisels. Sy is ‘n trotse vrou. Sy sit fier en regop. Sy het ‘n lang rok aan. Bont. Lang moue en gebreide handskoene. Haar kappie is wit. Dit is altyd wit. Sy het geleer om klere te maak. Sy doen dit in haar spaartyd. Sy het nie spaartyd nie. Sy staan vroeer op. Sy gaan later slaap. Daar is donker kringe, onder daardie donker bruin oe. Sy verloor gewig. Oom Donkiekar sal iets moet doen. Elke Vrydag gooi hy een morg van sy plaas, keelaf. Die plaas is nie groot nie.

Oom Donkiekar, werk hard in die week. Hy drink hard op Vrydae. Hy is nou in die veld. Hy werk vandag, met sy skape en bokke. Vrydag wag.

Die donkies is die mooiste wat ek nog gesien het. Hulle is nie plaasdonkies nie. Ek wonder hoe hulle sal lyk voor Tannie Elizabeth en oom Phillip se koets daar in Londen se strate. Hulle sal lekker bly in Buckingham Paleis. Hulle het ook nie so baie aandag, soos ‘n perd, nodig nie.

Die donkies weet, met tant Sara, is daar een stop. Die hoekwinkel. Die dag is nie lank nie. Hulle koppe is hoog. Hulle kyk voor hulle. Hulle oe dwaal nie. Hulle het oogklappe aan.

Tant Sara kom materiaal vir rokke, hemde, gordyne, lakens en broeke, koop. Ook, die proviand, wat oom Donkiekar, Vrydag, vergeet het. My pa roep my. Ek speel met ‘n stuk plank, in die leivoor. Die water loop sterk. Dit kom uit die oog in die Fonteinbos. Al Aberdeen se water, kom uit die ‘oog’.

‘Boetie, laai jou fiets op die donkiekar. Jy gaan saam met tant Sara. Jy help haar aflaai, span die donkies uit. Dan kom jy huis toe met jou fiets’. Ek was tot my pa se dood, Boetie. Ek was lief vir Boetie se pa. Hy was lief vir sy seun, Boetie.

My oe raak groot. My oe blink. Ek is 8 jaar oud. Die dag het gekom om daai groot grys donkies met die donker grys kruis, te ry. Bloots, nie ingespan voor die donkiekar nie. Ek ken van donkies ry.

My geheim van donkie ry is eenvoudig: 1) kry vir jou die regte plek om te val, jy gaan val 2) bly weg van die agterhoewe, hy gaan skop.

Tant Sara is in die huis. Ek span donkies uit. Ek het klaar gegroet. My fiets staan teen die huis se muur. Ek kies die hings. Hy staan stil asof hy nog ingespan is. Ek spring- klim op. Hy is groot. Hy het verander in Lot se vrou. Hy moes ook omgekyk het toe Sodem en Gemorra gebrand het. Hy kyk om. Hy draai sy kop. Sy oe is groot. Hy was al tevore gery. Hy hou nie daarvan nie. Sy bek gaan oop. Hy het groot tande. Hulle is nog mooi. Hy is jonk en vol vuur. Hy byt my enkel. My een hand los die kort maanhaar. My been lig op. Sy hele agterlyf lig op. Sy kop sak tussen sy bene. Sy kniee knak.

Hy lig my met gemak. Ek is nou in vlug. Ek soek my landingsplek. Ek is te hoog, ek gaan bo oor die plek. Ek gaan tusse klippe land. My redding nou, is om reg te land. Val ek verkeerd, kan ek my arm of iets breek. Ek is bang vir daai iets. Dit kan enige iets wees. So in die vlug, dink ek, koning Saul moet maar by Samuel bly. Ek kan nie so goed voorspel nie.

Die geluk is aan my kant. Ek gaan nog op. Beide agterpote van die donkie, gaan op. Ek krul in die lug. Altwee hoewe het my langs mekaar getref. In die maag. Ek is nou oor die donkie, wat op sy kop staan. Ek het gimnastiek op skool. Ek weet hoe om te land. Ek kom af. Ek land op die klippe. Die donkie staan nou. Hy kyk vir my. Ek dink hy het dit voorheen gesien. Hy hou daarvan.

Ek rol nie. Ek was te hoog. Ek val op die klippe. Ek land op my boude. Ek hik en hou my maag vas. Ek kan nie krul van die pyn nie. My wind is uitgeskop. Ek sit. Ek bid. Tannie Sara moet net nie uitkom en sien wat gebeur het nie. Jy ry nie ander mense se donkies, sonder om te vra nie.

Donkies is onvoorspelbaar. Dit is miskien hoekom hulle nie die koets, in Londen se strate, trek nie.

deur Stoffel Lombard

One thought on “Donkie Ry.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s