Was my reg, reg?

deur Stoffel Lombard | (bron : Facebook)

Rusty, my Franse poodle is amper 17 jaar oud. Hulle kom in drie groottes: Standaard: groot soos ‘n wolfhond: Miniatuur: groot soos ‘n Water Spaniel: Toy: groot soos ‘n Yorkie. Rustie was ‘n Miniatuur. Hy was silwer, wanneer sy hare kort gesny was. Soos dit uitgroei, raak hy swart. Poodels se hare blink nie soos ‘n hond sin nie, meer soos ‘n skaap, dof. Hulle verhaar ook nie. Is soos mense, gaan na die salon.

Ek was nooit alleen nie, Rusty was oral saam met my. Op baie plase in die karoo, het hy saamgestap, vooruit gehol, teruggekom om te sien, kom ek nog, vooruit gehol, geruik, teruggekom en my kom vertel wat hy geruik het. Sy tong het uitgehang, hy was baie aktief. Hy sou iets jaag, soos byvoorbeeld ‘n kat. Stop die kat, stop die hond. Rusty was nie aggressief nie, hy was nie ‘n waghond nie. Hy was die alarm. Hy het nie vir nonsens geblaf nie. Wanneer hy blaf, gaan kyk, hy blaf vir iets, nie vir nonsens nie. Hy het 3 inbrake by ons verhoed en een langs ons.

17 jaar, in hondejare, mensejare, enige jare, is lank. Dit gaan so gou verby. Ek onthou van dag een toe ek hom gaan haal het, tot 4 Julie 2019, toe sy pa, sy vriend, sy baas, sy enigste liefde, sy metgesel, sy rede vir lewe, betaal het, om hom dood te maak.

Rusty is blind. In die huis en in die erf, sou jy nie so gedink het nie. Hy het
elke hoekie en draaitjie geken. Hy het sy stappies op die strand, nog geniet. Hy staan voor my, hy kyk vir my. Hy ruik my. Die biltong wat ek hom voer. Hy kan my nie sien nie .Sy bruin intelligente oe is snaaks blou. Hy kan nie deur daardie laag blou sien nie. Ek vryf sy kop. Hy staan. Hy kyk vir my. My hart is naby stukkend. Rusty is doof. Ek praat met hom, hy hoor my nie. Ek roep hom, hy kom nie.

Ek voel my hart praat met my, hy is besig om sy klop in my, te verloor. Hoe wen ek hom op. My hart se spring, Rusty, is besig om my te verlaat. Ek kan voel hoe die ritme en krag van my hart verander. Ek raak benoud. My hart is besig om te breek. Die bloed in my hart, word water in my oe. Ek is besig om my bloed in water te verander. Dit stort uit my oe. Ek huil my leeg, die trane maak my wange en keel nat. My hande word nat, soos ek my oe en wange afdroog.

Ek is weer skaam, oor my manier van huil. Ek gaan sit onder die groot wildevyboom by die swembad. Ek wil Rusty nie ontstel nie. Hy lees my soos ‘n boek. Rusty sukkel om te eet. Ek neem hom na die veearts. Hy is te swak. Hulle kan nie help nie. Hy sal die narkose nie oorleef nie. Kan hulle hom uitsit. Nee. Ek tel Rusty op. Ons gaan huistoe. Ons stap nog, korter afstande. Dit neem langer. Rusty staan meer dikwels en kyk net. Hy staan soos ‘n standbeeld. Ek praat met hom. Hy hoor my nie. Ek buk en streel sy kop. Hy skrik as ek aan hom vat. My hart breek.

My Rusty is weg. Ek is weg. Ons saamwees vir 17 jaar, is verby. Rusty is nog daar. Ek is nog daar, maar nie meer vir mekaar nie. My liefling hond is besig om voor my oe te sterf en ek sy pa, kan hom nie help nie. Ek woon nie meer selgroepe by nie. Ek bly by Rusty . Ek gaan nie kerk toe nie. Ek bly by Rusty. Ek gaan nie meer stap langs die see nie. Ek doen nie meer Parkruns nie, ek braai nie. Ek haal nie blare uit die swembad nie. Ek gaan dood voor Rusty se oe, wat my nie kan sien nie.

Ek slaap sleg. Soms nie. Rusty slaap in die slaapkamer. Ek luister na sy snaakse, moeilike asemhaling, soos hoeveel kere te vore. Ek val uitmekaar, Rusty val uitmekaar. Daar kan ander dinge wat sluimer, ook uitmekaar val. Ek moet regkom. Ek maak my besluit. Ek staan op en gaan sit in die kombuis. Ek wag vir Eric, my tuinier. Hy sal 8 uur hier wees. Ek drink koffie. Ek se vir Eric ” maak ‘n gat hier, 1m×1m×1m. Dit is waar ons Rusty gaan begrawe.” Ek klim in my kar. Koop ‘n Golden Delicious appelboom. Gaan na die veearts. Ek wil Rusty bring, hoe laat, ons wil nie wag nie. Ek roep my vrou, en vertel haar van my besluit. Ek tel Rusty op. Sy vryf sy kop, sy kop is teen my bors. Hy lyk moeg, my energieke Rusty. Eric hou nou vir Rusty in sy arms. Hy en Eric kom ook ‘n lang pad. Hy vertrou vir Eric, soos vir my. Ek stop by die veearts. Ek neem Rusty in my arms, Eric volg. Die naald gaan in, die vloeistof gaan in Rusty se aar. My hart ruk, tot by die trane van my oe, die sluise gaan oop. Ek word weer skaam. Rusty se nek raak slap, sy kop rus teen my bors. Rusty se kop raak nat.

Dit is ek wat hom in trane baai. Dit was die laaste maal, dat Rusty, in my arms, geslaap het. Vandag, sien ek hom, in die blare, en bloeisels, van die
appelboom. Hy raak groot en sterk. Rusty is deel van die boom. Hy sal my
oorleef. Was my besluit reg. Is reg, reg. Die seer raak minder intens. Ek staan dikwels waar Rusty in die appelboom leef. Ek streel sy lyf, die stam en takke wat meer en dikker word. Hy was die beste hond ooit. My hond, Rusty.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s