Stoffel staan.


“More klas, sit maar. Stoffel staan.” Ek sit. “Mannetjie, jy moet staan.” Ek kyk om. “Nie die persoon agter jou nie, jy.” Ek kyk die Biologie onderwyser, mnr, Knoesen, met verbasing aan. “Ek meneer.” “Ja jy.” Ek staan. “Kan jy asseblief vir die klas en vir my verduidelik: die voeding van die Amebe.” Ek kyk hulpeloos rond. “Die Amebe, meneer?” “Jy het reg gehoor. Ek wag.” Meneer, soos hy vorentoe beweeg, vreet hy en dit kom agter uit.”

“Is jy besig om my, vir die gek te hou.” ” Nee meneer.” Die rottang in sy hand slaan sy ander hand op die palm. Ek wonder hoekom hy dit doen as hy met my praat. Ek staan mooi regop, soos wanneer ons Vrydae Kadette het.
Hy se “Marion”, dis die Hoofdogter, vandag my vrou. “Sal jy asseblief vir Stoffel die voeding van die Amebe verduidelik.” Sy trek weg. Hy stop haar. “Baie dankie. Jy kan maar sit.” Ek sit ook. Hy skree “staan.” Ek staan. “Jy mannetjie, bly vanmiddag vir 2 uur op detensie. Jy sal die voeding van die Amebe 4 maal uitskryf, soos in die boek.” “Ek kan nie meneer.” Hy raak rooi en se ek moet hom volg. Ons gaan na die hoof, meneer Wait, se kantoor.
Die hoof sit agter sy lessenaar. Sy bril is op. Ek dink hy moes half prys vir daai bril betaal het. Dit het net glas aan die onderkant van die raam. Hy kyk oor die glas, die gedeelte wat ek dink, verniet was.

“Meneer, Stoffel is rebels, leer nie en is astrant. Hy tart my gesag.” “Wat is jou voorstel,” vra die hoof. “Hy moet 6 houe kry. Sy ouers moet ingeroep word sodat hulle ook weet. Hy moet vanmiddag 2 ure detensie straf kry.” Dankie meneer. Ek sal my plig as hoof doen. Die deur gaan toe. Ons is alleen.

“Stoffel is al die dinge waar.” “Ja meneer, behalwe vir een.” “Watter een.” “Ek kan nie vanmiddag detensie doen nie.” “En hoekom nie.” Ons oefen rugby meneer. Die hoof help ook soms met die afrigting, soos vanmiddag. Ek word beskou as ‘n sleutel speler vir Saterdag se wedstryd teen Grey. Meneer Wait se oe raak sag. Hy se “Ek verstaan. Jy kan more detensie doen. Ek sal dit reel. Buk hier oor die lessenaar.” Ek buk. Ek tel. Hy kan slaan. Dit is die laaste hou, die sesde. Sy hart was nie in die slaan nie. Ek staan regop. “Jy kan maar gaan.” “Dankie meneer.” “Jy moet aandag aan jou werk gee.” “Ja meneer.”

Ek gaan gou toilet toe en kyk na my boude. Ses baie ligte strepe, netjies langs mekaar. Hy het meetkunde en wiskunde in matriek aangebied. Hy kon meet,selfs met die rottang. Ek stap in by die klas en vryf my boude. “Ek hoop jy het jou les geleer.” “Ja meneer.” Ek gaan saggies sit en kyk met groot aandagtige oe na die meneer. Ons behandel die spinnekop. Ek dink aan die rugby oefening vanmiddag. Ek moet nog planne maak vir more se detensie. Twee ure is lank.

Ek het so ‘n gevoel, meneer Knoesen hou van my. Ek dink hy lees my gedagtes, dit is nie in die klas by die spinnekop nie. Hy gaan egter voort met die spinnekop. Ek gaan voort en speel rugby in my kop.

Die einde van die matriekjaar, dit was ‘n instelling van Pearson, het die skool se matrieks, met ‘n bus gery en voor die onderwysers se huise gesing. Die onderwysers het uitgekom en kom luister. Dit het ‘n paar aande geduur om by almal uit te kom. Meneer, Knoesen, was die enigste leerkrag, wat ons koeldrank en koek aangebied het.

deur Stoffel Lombard (Facebook)

One thought on “Stoffel staan.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s