Gebed met die hande onder die kraan

YAHWEH-NISSI

Die water spoel oor my hande
maar die woorde steek vas in my keel.
Hoe bid ‘n mens in hierdie tyd?
Ons het nog nooit so iets beleef nie.
Heer, wees ons genadig.

Ek voel die seep tussen my vingers,
vryf my hande bo, onder, alle kante.
Skoonwas.
Dis mos u metafoor, Here.
Maar hoe moet ons dit verstaan in so ‘n tyd?

Wat kan ek bid met my hande onder die kraan?
Ek dink aan die kwesbares,
en wonder of ek ook een is.
Heer, wees ons genadig.

U roep ons om te volg.
U stel die voorbeeld van deernis en diens.
Maar hoe gee ons op ‘n afstand om?
Of lê die omgee juis in afsydig bly?
is hierdie ritueel van water en seep ons nuwe sakrament?
Heer, wees ons genadig.

Om ons tuimel die markte.
Besighede ly skipbreuk
en soos drenkelinge spoel mense uit
op strande van…

View original post 21 more words

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s