Habakuk . . .

Al sou die vyeboom nie bot nie, Here, en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie. Al sou die olyf-oes misluk, en die lande geen oes lewer nie . . .

En al sou die verlang tot diep in my oë gaan lê, en die bang en onsekerheid bietjies-bietjies in my hart wegkruip. Al sou die pad kilometers vol grond en gate voor my voete uitloop, en my hart se probeer moeg raak. Al sou my oë sukkel om die son raak te sien, die son wat U elke dag op my pad kom neersit. Al sou my kop aanhou probeer om my hart te verstaan, en my bid partydae moeg voor U kom kniel . . . nogtans sal ek in U bly glo. Sal ek glo dat U hart goed is, en liefde is. Nogtans sal ek elke more stil luister of ek U stem hoor. Want dit is U wat vir my die krag gee om elke oggend op te staan en my stukkie pad voluit te stap. Dit is U wat my hart se huil stilmaak en die stukkies verlang gaan wegbêre, daar waar dit hoort. Dit is U wat die verlede se onthou toevou in U hande, en dit eenkant neersit, daar waar dit my nie meer kan raaksien nie. Dit is U wat langs my kniel en my optel, as die pad vir my te lank word.

Daarom sal ek glimlag oor U. Daarom sal ek elke oggend u vrede diep in my hart gaan wegbêre. Daarom sal ek my kop oplig en die lewe stil in die oë kyk . . . want U, Here, loop saam met my. Elke dag. Altyd. En dit is vir my genoeg.

Amen.

bron : Ousus

3 thoughts on “Habakuk . . .

  1. Ek kan net wonder of die skeywer dit gaan doen as dit regtig begin gebeur. 1998 was ek oorlopens toe vol van Skrif en positiwifeit. Na 23 jaar van ellende en teen my twaalfde beroerte en hoeveelste staking in my borskas, is daar min slimgeit oor. Mens raak later uitgeput. Konsepte is altyd maklik. Die boere kerm. Ek het 23 jaar droogte, lankal my plaas en alles daarop verloor maar SA gaan tekere asof net die boere swaarkry. Vir die laaste 26 jaar mag wit mans nie eens aansoek doen vir werk nie. En as jy by ‘n Afrikaner iets kry om te doen, buit hy jou uit en die Christen loop weg met jou alles. Habakuk begin moeilik raak.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s