Leef dankbaar!

Eendag baie lank gelede is my oupa oorlede. . . . maar dit was maar reg, want hy was oud!

Jare daarna is my pa oorlede . . . maar op ‘n manier was dit ook maar reg, want hy was oud.

Nóú, het ons al vriende verloor en ons is verstom . . . hulle is dan nog so jonk!

Stadig maar seker begin die werklikheid soos yskoue water in jou murg intrek.

My oupa was twee en sestig. My pa was vyf en sestig.

Ja, dis waarnatoe ons op pad is . . . Sommige van ons is al selfs dáár verby!

Saans sit ek rustig en luister na die krieke en kyk na die sterre, soms neem ‘n
vreemde emosie van my besit.

Ek wil huil oor die jare wat so gou verby gegaan het . . . maar ek wil dan weer jubel oor die tye wat nog kom.

My Vriende, tel elke dag julle manna op. Drink elke dag die water wat Hy vir jou uit die rots uit gee . . . en LEEF DANKBAAR! . . . Elke sekond en elke liewe dag!
Voluit! Aanhoudend!

Huil kortstondig oor die hartseer in jou lewe. Doen dan opgewonde die dinge wat die Here nog wil hê jy moet doen. Treur vir hulle wat weg is . . . Onthou, maar hulle is dan nie meer hier nie . . . doen meer moeite, met hulle wat nog hier is.

Hou op geld na jaag . . .
Hou op versamel . . .
Hou op skinder . . .
Hou op oordeel . . .
Hou op jaloers wees. . .
Vergewe en vergeet . . .
Lag so veel as moontlik . . .
Leer om dankie te sê as iemand jou komplimenteer. . .

Lewe voluit . . .

Gaan dien die Here en geniet jou laaste paar jare saam met jou geliefdes!
Sê as jy iets mooi sien en voel. . .
As jy dit vir jouself hou, is dit soos n geskenk wat jy toe draai en nie weggee nie . . .
Mens kan nie iets deel wat jy nie besit nie . .
Moenie huiwer om die mooi te deel nie. . .
Gee ‘n kompliment . . .
Vra hoe dit gaan . . .
Bid vir ander. . .

Jy sê mos jy’s n Konings Kind . .
Wat ons saai, sal ons sekerlik maai . . .

Onthou! Die digter sê:
“Wat ek is, is net genade!Wat ek het, is net geleen!”

“Leef tot Eer van die HERE ewig gereed om Hom te ontmoet . . . Vandag of môre . . . want wanneer dit jou tyd is . . . weet net die Heer alleen!”

bron : Anita

One thought on “Leef dankbaar!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s