Gebruik die krag van lofprysing

“Dis egter die eerste ding wat jy behoort te doen, omdat lofprysing die aandag van jouself aflei en dit op God se wonderbaarlike mag fokus.”

Psalm 34:2 NLV

Jy kan God te min prys, maar jy kan Hom nooit te veel prys nie. Dawid skryf: ‘Van waar die son opkom tot waar dit ondergaan, moet die Naam van die Here geprys word’ (Psalm 113:3 NLV). ‘Ek loof U sewe keer per dag…’ (Psalm 119:164). ‘…Sy lof sal altyd op my lippe wees.’ Wanneer jy oorweldig deur omstandighede voel, is lofprysing die laaste ding waarvoor jy lus is. Dis egter die eerste ding wat jy behoort te doen, omdat lofprysing die aandag van jouself aflei en dit op God se wonderbaarlike mag fokus. Josafat het voor ‘n weermag te staan ge kom wat hy nie kon verslaan nie. Toe hy egter vir God begin prys, het sy vyande mekaar vernietig terwyl hy in verwondering toegekyk het. Toe Paulus en Silas God in die tronk geprys het, het hulle kettings gebreek en het die tronkdeure oopgegaan. Dis normaal om op die probleem te fokus en te vergeet om God te prys, maar lofprysing los probleme op. Petrus skryf: ‘…Julle geloof is vir God baie kosbaarder as goud. As die toetse die egtheid van julle geloof uitwys, loop dit uit op lof en heerlikheid en eer op die dag wanneer Jesus Christus aan die wêreld geopenbaar word’ (1 Petrus 1:7 NLV). Lofprysing bring jou in God se teenwoordigheid en posisioneer jou om sy seën en guns te ontvang. Jy sê: ‘Maar ek verstaan nie hoe lofprysing werk nie.’ Dink so daaroor: Jy hoef nie aerodinamika te verstaan om te vlieg nie. Jy klim net op die vliegtuig en die vlieënier neem jou waarheen jy moet gaan. Dis dieselfde wanneer jy God prys – doen dit eenvoudig net en jy sal resultate kry.

Sielskos: Eks 16-18; Matt 6:19-34; Ps 74:1-11; Spr 2:6

Radio Kanse; | bron : Ousus

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s