Keer spyt betyds

Die vrug van die GEES, darenteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Ons lewe deur die GEES; laat die GEES nou ook ons gedrag bepaal. (📖 Gal. 5:22-23, 25 📖)

Dit het jare terug in Chicago gebeur: ń Bekende chirurg kry een aand ń dringende oproep van ń hospitaal. Hy moes kom opereer op ń jong seun wat in die kruisvuur van ń bendegeveg beland het. Omdat die hospitaal so ver was, kies die dokter kortpad deur ń gevaarlike buurt. Skielik spring ń man met ń rewolwer voor hom op en eis sy motor – dadelik! Die dokter het die desperaatheid gesien en sy motor afgestaan. Toe draf hy maar hospitaal toe. Ná drie ure kom hy daar aan, net om te hoor die seun het gesterf. Hulle waarsku hom dat die pa in die wagkamer sit: woedend oor die laat dokter. In die wagkamer sien die dokter hoekom die man wat sy voertuig gesteel het so desperaat was. Voor hom het die man gestaan wat hom gekaap het!

Geduld weerhou ons van die dinge waaroor ons later spyt is. Maar dit kom nie natuurlik nie; dis een van die gawes van die GEES. Die enigste manier om geduld te leer, is om onder die leiding van die GEES ons telkens te laat toets. Wees vandag geduldig met mense in situasies waar jy voel jy het nie tyd nie. Leef só JESUS se karakter uit.

🙏🏻 HERE JESUS, ek faal menige keer om geduld te beoefen. Vergewe my asseblief en leer en toets my totdat ek geleer het om geduldig te wees in enige situasie, asseblief. Amen.

🖋 Gerhard Green 🖋 | bron : Ousus

Advertisements

One thought on “Keer spyt betyds

  1. Ek dink ook dat mense ander moet respekteer. Dit kom van twee kante af. Iemand het so pas in ons woonstelblok ingestap, vol van preek en leeg van liefde, geduld en respek. Drie diabete is omgekrap agtergelaat.

    Diabete het nie dieselfde kalmblyvermoë as gesonde mense nie. Veral nie as bloedsuiker laag of hoog is nie. Gesien hoe mense by die kerk dan versies voorhou as “les.” Dis so goed ‘n mens kwoteer Skrif aan ‘n ou wie se bene afgesit is. Hy kan óók nie tien meter hoog spring nie.

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s