Die Stukkende Stukke.

Ek is haastig gou by die supermark in …
Dis Maandag en ek is alreeds amper laat om nog kos te maak en daarna die kleingoed by die skool op te laai.

Gelukkig kry ek vinnig parkeerplek en hardloop in om sommer worsies te kry … vandag is ‘hotdog”aand … gelukkig onthou ek om sommer nog ñ bottel tamatiesous te kry want die kleingoed het my gewaarsku dis amper klaar.

Ek tel ñ pak rolletjies en ñ brood op en net toe ek dit in my trollie sit is daar ñ vreeslike slag en toe doodse stilte … Ek stap stadig na die gang waar die tamatiesous uitgestal is en toe sien ek haar.

Oud en verrimpel … baie somers agter die rug … haar handsak het teen die bottels tamatie souse en nog vele ander souse getamp en die hele lot het met ñ hengse slag op die skoon supermark vloer beland …
Dit net mostert en tamaiesous ens waar jy kyk … en toe sak sy af op haar hurke en begin die grootste bottelstukke met die hand bymekaar maak.

Toe ek die trane sien wat oor haar wange loop en die skouertjies wat ruk … stap ek vinnig nader en begin mooi met haar praat en hurk langs haar terwyl ek help om al die groot bottelstukke almal op ñ hoop te plaas. Sy snik dat sy nie vir die skade sal kan betaal nie …

Die bestuurder kom vinnig nader en hou sy hand uit vir die ou dame …
Kom Tannie … kom weg hier by die stukkende bottels jy gaan jouself sny … ek het stadig opgestaan en gesien hoe sy die ou verrimpelde handjie in die groot sterk man se hand plaas en hoe hy haar eenkant toe lei …

”Ek is so jammer meneer … ek het ñ vreeslike gemors veroorsaak” … en met trane wat oor haar wange loop kyk sy op na hom toe en sê … ”Meneer ek sal vir alles betaal, ek sal dit afbetaal uit my pensioen uit” …

Die bestuurder het sy arm om die krom skouertjies geplaas en toe vir haar gesê … ”Tannie die skoonmakers gaan nou alles opruim … en jy het nie nodig om daarvoor te betaal nie … daar is vesekering om ongelukke soos hierdie te dek.”

Hy het met haar weggestap en terwyl ek hulle agterna kyk toe besef ek dat my lewe ook soms so ñ gemors is … Daar is sonde en skerp voorwerpe wat my stukkend sny … Daar is seer en skade en ek probeer ook uit my eie die gemors skoonmaak … En terwyl jy so na die skerwe van jou lewe kyk huil jy ook want jy besef dat geen geld in die wêreld hierdie gemors sal kan opruim nie.

Maar dan kom die Here na my toe … steek Sy Hand na my toe uit en help my uit die gemors … en dan verseker Hy my … ”My kind My Bloed is die versekering wat jou verlos van hierdie gemors …
Stap saam met My weg van hierdie gemors voor jy jouself verder skade aandoen en omdat My Dood op Golgota die prys betaal het … skuld jy My niks.

Moenie dat die skerp bottelstukke van hartseer en die sonde vlekke jou verder laat huil nie …  Neem vandag Sy Hand … Hy lei jou weg en Hy is jou versekering.

bron : Ousus

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s