Oorhaastigheid – jou eie strik ..

Red jou uit sy mag soos ń wildsbok uit ń strik, soos ń voëltjie uit die net van ń voëlvanger.

Soms kan ń mens se redelike denke deur jou emosies beïnvloed word en kan jy ń goeie besluit met jou hart neem. Soms kan daardie emosies veroorsaak dat jy oorhaastige besluite neem. Dit is een van die grootste redes waarom mense oordeelsfoute begaan.

Die digter sê dat ons self die grootste oorsaak van die deurmekaarspul in ons lewe is. ń Mens kan beloftes aan iemand maak en dan soos ń wildsbok voel wat in ń strik vasgevang is (vs 5). Deur borg te staan vir iemand wat nie kan terugbetaal nie, kan dit gebeur dat jy in die mag van ander beland en uiteindelik die las van ander mense moet dra (vs 3).

Wat moet ń mens dan doen wanneer jy jouself in die moeilikheid gedompel het? Die digter sê dat jy dit teenoor die persoon wat betrokke is, moet erken.

Dis die enigste pad vorentoe. Miskien sal jy ń genadige persoon vind.

🗣 Moenie enige beloftes maak in tye van groot vreugde nie. Moenie iemand se brief beantwoord in tye van groot woede nie.
~ Sjinese spreekwoord ~

🕊✍🏻📃 Šhăłõm 📃✍🏻🕊

deur Annes Nel | bron : Ousus

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s