‘n Kaalvoet-gedig!

Image may contain: sky, outdoor and nature
Beatrix Hooman – Kus tot Karoo

‘n Kaalvoet-gedig!

Sommer kaalvoet plas dit oor my hart
waar skoonheid groei en bot sonder smart

waar aanstellerigheid sonder opsmuk nie kan woon
en God’s asemlose grootheid in genade troon

waar mens weer stil sal raak
en vrede in jóu siel kom waak

waar gogga-klein jou oog gewaar
as jy in ontdekking na hom staar

waar die bloue hemellug
sý, tevredenheid uitsug

waar dankbaarheid die hart se vrae verstil
want kaalvoet omvou jou siel tot God se wil

dié wondermooi deur God geskep
en jý, deel van Sý liefdes-web

wil jou hart gestroop loop
in Sý geskenk van hoop

om jou nuwe môres kaalvoet te stap
want sulke skoonheid mag ons nié vertrap!

©Beatrix Hooman
26 Junie 2019

 

2 thoughts on “‘n Kaalvoet-gedig!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s