Wis Hongersnode Uit

Ek het onlangs gelees van ‘n eksperiment wat die sielkundige, Jonathan Haidt, gedoen het. Hy het met ‘n fassinerende, hipotetiese oefening vorendag gekom, wat iets soos volg was:

Deelnemers het ‘n opsomming van ‘n persoon se lewe ontvang en is gevra om dit deur te lees. Deelnemers is toe gevra om hulle te verbeel die persoon was hul dogter. Hier is haar onvermydelike lewensverhaal. Sy is nog nie gebore nie, maar sal binnekort wees, en haar lewe mik hierheen. Deelnemers het toe vyf minute om haar verhaal te redigeer. Uitveër in die hand, kon hulle uit haar lewe uitwis wat hulle ookal wou.

Die vraag aan deelnemers was: Wat vee jy eerste uit?

Die meeste van ons sal instinktief en wild begin om die leerprobleem en motorongeluk en die finansiële uitdagings uit te wis. Ons het ons kinders lief en wil hê hulle moet ‘n lewe sonder daardie swaarkry, pyn en terugslae leef. Ons sal almal verkies dat ons kinders se lewens vry van pyn en leed moet wees.

Maar vra jouself af: Is dit regtig die beste?

Dink ons werklik dat ‘n bevoorregte lewe wat glad verloop, ons kinders gelukkig sal maak? Wat as jy ‘n moeilike omstandigheid uitvee wat hulle sal wakker skud om te bid? Wat as jy ‘n ontbering uitvee wat hulle gaan leer hoe om vreugde te hê ten spyte van enige omstandigheid? Wat as jy van die pyn en leed uitvee wat op die ou end God se katalisator gaan wees, wat Hy in hul lewens gebruik om hulle te laat uitroep na Hom? Wat as jy ‘n moeilike omstandigheid uitvee wat hulle wakker maak vir God se doel vir hul lewens?

Dit mag hard klink om te sê, maar die nommer een bydrae tot geestelike groei is nie preke, boeke of klein groepies nie; die nommer een bydrae tot geestelike groei is moeilike omstandighede. Ek kan dit vir jou sê uit persoonlike ervaring, die lees van geestelike groei opnames, en my eie toepaslike getuienis, nadat ek deur die jare met duisende mense gepraat het. OEA kom uit die lyding, terugslae en uitdagings van die lewe. Baie mense kan na daardie oomblikke wys as die grootste oomblikke van geestelike ontwaking.

*Tydens watter tye in jou lewe het jy die meeste geestelike groei ervaar? Was dit in tye van oorvloed, of was dit in moeilike tye? Probeer God jou nou laat groei deur een of ander moeilike stryd of omstandigheid?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s