Tonnelvisie

W ‘n B: Op hierdie artikel afgekom toe ek die woord isegrimmig opgesoek het . . .

deur Soul Things

Het jy al gehoor van Tonnelvisie nee dit is nie een of ander oog defek nie. Dit het by my kom nes skop en ly nou daaraan. Ek stoei al ‘n paar jaar daarmee eintlik as ek daar aan dink my hele lewe lank. Ek weet daar moet ‘n end wees aan my tonnel en soms skyn die lig tot by my voete, dus nou as ek minder gefokus op my eie dinge staan. en soms af kyk na my voete dan sien ek die lig skaduwees. Ek stap die laaste ruk moeilik aan my tonnel. Ek is isegrimmig en sommer in boere Afrikaans “plain weg bedonnerd”. Nou kan ek al hoor “let go and let God” die doen ek en as ek myself kon kry dan wil ek sommer ‘n gat in die tonnel blaas. Want ek wil nou uitklim. Ek is erger as ‘n kleuter met al my “hoekoms?, waaroms? Wanneer?”

Hoe stupid kan een mens nie wees nie. Dit is om ‘n hysbak se deure oop te wil forseer maar die hysbak is nog nie gelyk met die vloer nie. Al wat gaan gebeur is jy gaan jou te pletter val. Al wat jy kan doen is wag. En kyk ek haat daai woord. Ek het soos in geen geduld nie. Ek is ook nie goed met spannings verhale nie ek wil altyd weet wat op die ou end gaan gebeur. Hoe vervelig is ek nie.

Ek glo vir elke mens op aarde is daar ‘n doel. Jy is nie net sommer gemaak en aanmekaar gesit omdat die Here op ‘n dag ‘n vervelige oomblik gehad het nie. Jy ja jy is gemaak met ‘n doel. Jou doel is nie net sommer maar net nog iets op ‘n lysie nie dit is iets wat iemand se lewe kan verander. Jy is gemaak spesiaal om deel te wees van ‘n groter plan. Hoe ongelooflik spesiaal is jy nie. Het jy al so gedink van jouself. Daar is net 1 van jou. Jy is ‘n versamelstuk.

So as jy soos ek is en op die oomblik nie die nut van die tonnel kan sien nie. Hou moed en hou aan stap al is dit aaklig, vervelig, pynlik, verwarend, en sommer so seer. Dit gaan die moeite werd wees.

Henry sê:  ‘solank die lig aan die einde nie die aankomende trein se koplig is nie…’

bron van artikel . . .

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s