Ouderdom

OUDERDOM
deur Ria Claassen

Jou lyf raak totaal uit fatsoen
jy sukkel en steun as jy buk.
Jy vergeet weer wat jy wou doen
en jy verstik ook as jy net sluk.

Dis pille en brille en winkeltande
jy word moeg as jy ander sien werk.
Jy’t pyne en plae in voete en hande
en as jy eet, kry jou klere ’n merk.

Ouderdom is ‘n vernederende ding
dit bekruip jou stadig, maar seker.
Jy dink nog jy kan jou kant bring
maar nee, dis jou beurt vir dié beker.

Tog is daar soveel vreugde en pret
jy leer om vir jouself te lag.
Jy’t vergeet van jou manie oor vet
jou vel is gekreukel, maar jou oé is sag,

Jy leef elke dag uitbundig vol moed
jy waardeer elke smaak in jou mond.
Jy kyk met nuwe ou oé na jou stokou-goed
en jy’s dankbaar, want jy’s nog gesond.

Ouderdom is dié geleende tyd in jou lewe
wat jou nader aan jou Skepper bring.
Gryp genadetyd met hande wat bewe
en laat jou hart ’n loflied sing.

bron : sosiale media

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s