GOD is in beheer

So sterk is die HERE dat HY áltyd in beheer van sake is. HY weet wat almal op aarde doen. HY gee aan ons lewe. HY sorg dat niks ons onderkry nie. 📖 Ps. 66: 7, 9 📖

Môre lê daar ‘n splinternuwe jaar voor.

As ‘n mens jou gedagtes laat gaan oor die jaar wat verby is, ontdek jy net weer hoe GOD vanjaar vir jou gesorg het, hoe HY jou geseën en gehelp het. Tog, omdat ons mense is en gereeld koerant lees en na die nuus op TV kyk, is selfs gelowiges onrustig oor wat die nuwe jaar mag inhou. Ons wonder of die inflasie steeds gaan styg, of ons ooit die stygende lewenskoste sal kan verhaal en wat die mense in hoë posisies volgende jaar alles gaan aanvang met ons belastinggeld!

As jy dalk ook al in hierdie trant gedink en jou hart vasgehou het, het ek goeie nuus:
Wat ook al in die jaar wat voorlê met jou gebeur, of jy finansiëel gaan sukkel of dalk siek gaan word, of een of meer rampe jou of jou familie gaan tref, daar is een feit waaroor jy nooit hoef te twyfel nie: GOD bly steeds in beheer. En HY is só sterk dat HY presies weet hoe om jou in elke moontlike situasie by te staan en hoe om jou van die krag wat jy nodig sal hê te voorsien. Dis HY wat aan jou lewe gee, en HY sal ook sorg dat niks in die komende jaar jou gaan onderkry nie.

🙏🏻 Hemelse VADER, dis wonderlik om so aan die einde van ‘n ou jaar en aan die begin van ‘n nuwe een daaraan herinner te word dat U volkome in beheer is. Dankie dat ek U vir alles wat voorlê, kan vertrou, my HERE … Amen.

🕊⚔🛡 Šhåłøm 🛡⚔🕊

Nina Smit | bron : Ousus

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s