Die stokkies Jesus

So ‘n paar jaar gelede het my kinders vanaf Australië kom kuier. Hulle sou Kersfees saam met ons deurbring en ek het gewonder wat ek spesiaal vir die twee kleuter kleinseuns van my kan doen om dit vir hulle spesiaal te maak. Ek wou so graag dat hulle die Kersfees sal onthou as ‘n tyd wat nie gaan oor net geskenkies kry nie, maar dat dit oor Jesus gaan.

Dis Oukersdag en ek is laatmiddag gou Mall toe. Dis chaos! Almal hardloop rond om gou die laaste geskenke of eetgoed te koop en die winkelrakke is vreemd leeg. Ek drafstap van winkel tot winkel en soek ‘n miniatuur kerstoneel met Maria, Josef, die skaapwagter, Jesus in die krippie – jy weet mos! Almal het altyd so een onder die kersboom!

Uiteindelik kry ek ‘n laaste een by ‘n duur geskenkwinkel. Tuis help twee paar gretige kinderhandjies my om die bubble wrap om elke beeldjie af te haal en versigtig in en om die stal te plaas, maar o wee! Daar is nie ‘n baba Jesus in die pakkie nie! Wat nou? Die winkels is toe, omruil is buite die kwessie. Maar ouma is vinnig met ‘n plan en maak van stokkies en lappies ‘n amper poppie en siedaar! Jesus is in die krippie!

Laat die aand na almal al bed toe is, sit ek en wonder oor die verlore beeldjie. Die stokkies Jesus voel net nie vir my reg nie. Ek gaan kombuis toe en gooi vullissakke die een na die ander op die vloer uit en soek tussen die oorskietkos en geskenkpapier… ek gril! Maar tussen die stukke bubble wrap kry ek toe een stukkie wat vreemd lyk en wonder bo wonder… ek het die regte Jesus gevind! Gretige handjies moes die stukkie misgekyk het! Ek plaas die regte Jesus terug in die krippie en met trane in my oë sak ek af op my knieë en bid:

“Here Jesus, ek weet vanaand dis ook tyd dat ek my lewenssak vol vuilgoed oopkrap en voor U voete kom neergooi en aanhou soek en soek totdat ek die regte Jesus kry! Help my om asb die stokkies Jesus van my lewe te verruil vir die regte egte Jesus! Help my dat ek nie hierdie feestyd sonder U gaan nie… die regte Jesus! Dankie dat U vanaand my oë oopgemaak het om dit raak te sien. Amen.”

Mag dit waar wees van jou. Mag jy plek maak vir die regte Jesus in jou lewe. Mag jy Hom saam met jou in 2019 neem. Die ware opgestane Jesus wat die wêreld kom red het.

Ek spreek graag ’n seën oor jou en jou geliefdes uit: Mag die liefde van ons Almagtige God en die genade van Jesus ons Verlosser oor jou reën en mag die Heilige Gees jou hand neem orals waar jy gaan. Amen.

‘n kruispad leser | bron : Ousus

One thought on “Die stokkies Jesus

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s