Vertrou op GOD.

‘n Ma het by die huis op haar horlosie gekyk en gesien dat dit amper tyd was vir die skool om uit te kom, en omdat die weer baie swaar was en dit gelyk het of dit enige oomblik gaan begin reën, het sy besluit om maar gou skool toe te gaan, en haar agt jarige dogtertjie te gaan haal, Oppad skool toe sak daar toe ‘n harde bui reën uit en by die skool het haar dogtertjie haar gesien en na haar toe begin hardloop.

Skielik is daar ‘n flits van ‘n weerligstraal en vir ‘n oomblik staan haar dogtertjie doodstil, kyk op na die hemel, gee ‘n pragtige glimlag en toe hardloop sy verder, Dit het ‘n hele paar keer gebeur, totdat die dogtertjie die motor bereik het.

Haar ma het haar dadelik gevra toe sy in die motor klim: “Hoekom het jy elke keer ge-stop as die weerlig flits, en dan geglimlag?”

“Ek moes stop,” sê die dogtertjie, “het mamma nie gesien nie, GOD was besig om fotos van my te neem?”

Toe sy hierdie verhaal oordink, het dit stadig tot haar deurgedring, dat as GOD dan werklik van ons fotos sou neem, sou HY sekerlik ook ‘n album nodig hê om hulle in te bêre.

En nou kom die vraag … *As God deur die dag van ons sou fotos neem vir Sy hemelse album, wat sou hy vandag afgeneem het, Sou HY jou afgeneem het daar waar jy die kassier in die bank verskree het, of waar jy die petroljoggie gevloek het, of waar ons, ons lewensmaat sou verkul met ‘n ander persoon of dalk waar ons ‘n oneerlike besigheids transakie doen, of sou daar fotos wees waar jy die ou vroutjie oor die pad gehelp het, of ‘n honger kind ‘n pakkie kos gegee het?Net jy sal weet watter fotos GOD vandag van jou lewe geneem het. Kom ons lewe so dat ons nie skaam sal wees nie as daardie foto album eendag oopgemaak word.*

As jy geluk het hou dit styf vas … As jy geluk vind hou dit nog stywer vas … As geluk jou vind hou dit baie styf vas in jou twee hande … Want geluk kan in ‘n oogknip verander in smart, eensaamheid …. Jy kan alles verloor … Jou rykdom, Jou lewensmaat, Jou werk, Jou vriende, Jou hart kan gebreek word in ‘n oogknip … Dan staan jy alleen … net met jou geloof en hoop … totdat geluk jou weer sal vind … Daar was twee houtkappers die een was ‘n bejaarde en die ander een nog ‘n jong knapie.

Op ‘n dag het hul besluit om ‘n kompetisie te hou en te kyk wie kan die meeste bome op een dag afkap.

Die jong seun was sterk en fiks en het glad nie gerus nie, Hy het gekap dat die byle huil!
Maar die bejaarde het so elke uur vir 15 minute gerus.

Aan die einde van die dag toe die bome getel word het die bejaarde gewen met baie meer bome as die jong seun wat dit glad nie kon verstaan het nie, Toe die mense vir die bejaarde vra hoe dit moontlik is want hy het elke uur vir 15 minute gerus het hy hul geantwoord “Elke keer wat ek gerus het, het ek my byl skerp gemaak”

So werk ons lewe ook.

Raak jy ook nog stil en spandeer tyd by GOD om jou weer “skerp” te maak vir elke dag se dagtake!

Of hardloop jy net heeltyd aaneen en dink jy, is jy aan die wenkant?

’n Man was besig om grotte langs die see te verken, In een van die grotte vind hy ’n seil sak met ’n klompie verharde klei balle, Dit het gelyk of iemand die klei balle met hul hande gerol het en hulle in die son gelaat het om kliphard te bak.

Hulle was nie indrukwekkend nie maar het die man tog gefassineer en hy het die seil sak saam met hom uit die grot gedra, Terwyl hy langs die strand stap het hy van die klei balle geneem en hulle een vir een in die see gegooi sovêr as wat hy kon.

Hy het nie veel daarvan gedink nie, want dit dis hoe hulle as kinders gemaak het met klippe as hulle langs die strand wandel, totdat hy een van die klei balle laat val op ’n rots en dit oop kraak.

Binne was ’n pragtige kosbare edel gesteente gewees!

Baie opgewonde begin die man die oorblywende klei balle oopbreek, Elke een van die klei balle bevat ’n soortgelyke skat, Hy het ‘n paar duisend rand se waarde aan edel gesteentes in die 20 of so oorblywende klei balle gevind, Toe tref dit hom, Hy was al ’n hele wyle op die strand wat hy so klei balle in die see gooi, Hy het maklik tussen 50 en 60 klei balle in die see gegooi met hul verskuilde skat in.

In plaas van ’n paar duisend rand aan edel gesteentes, kon hy nou ‘n paar honderd duisend rand se edel gesteentes huistoe geneem het, maar hy het dit weggegooi!
Dit is ook so met ons as mens, Ons kyk na iemand en ons sien net die buitenste klei houer, hul lyk nie na veel van buite nie, hul is nie altyd pragtig en sprankelend nie, dus verwerp ons hul, Ons sien die persoon as minder belangrik in vergeleke met iemand wat beeldskoon, of stylvol, of beroemd of ryk is.

Maar ons het nie tyd gemaak om die versteekte skat wat binne die persoon begrawe is te vind nie, Daar is ’n skat in elke een van ons. Indien ons tyd sou maak om die persoon beter te leer ken en ons hemelse VADER te vra om ons te help om die persoon te sien soos HY hul sien, dan begin die klei af te dop en die mooiste skat begin te skitter.

Mag ons nie aan die einde van ons lewe kom en uitvind dat ons ’n fortuin aan vriende weggegooi het net omdat die skat verborge was in ‘n dun lagie klei nie.

Mag ons die mense met wie ons in aanraking kom, sien soos VADER GOD hulle sien, Mense is soveel meer as wat ons kies om raak te sien, Daar is mooi binne jou en binne my, JA binne almal.

Kom ons soek die mooi in mekaar en vind geluk in ons mede mens … Ons het nodig om meer tyd saam met GOD en medemens te spandeer!

Mag jou byl skerp bly, jou liefde vermenigvuldig en jou hoop nooit verflou nie in Jesus Naam nie 🙏

Baie dankie vir die skat en rykdom wat jy in my lewe is.
Ek is lief vir jou en seën jou, met JESUS liefde 👑🙏🏻😇

Oggend Gebed: 🙏🏻🙏🏻🙏🏻
Abba Vader, met die aanbreek van ‘n nuwe dag en die opgewonde gekwetter van die voëltjies bring ek alles wat pla en dit waarvoor ek dankbaar is na U toe en lê dit aan U voete neer, Vader ek sit alle dinge in U Hande, en gaan in vertroue vorentoe, want ek glo dat U voor my uitgaan. *Mark 11:24* “Daarom sê Ek vir julle: as julle van God iets vra, moet julle ook nie wonder of julle dit gaan kry nie.

Julle moet so op GOD vertrou dat dit vir julle eintlik moet voel of julle dit al klaar gekry het, en GOD sal dit vir julle gee.” Dankie VADER dat ons vir hierdie oomblikke kan lewe.
Dankie VADER vir alles wat positief is, vir alle mooi dinge wat gebeur, alles wat vrylik gegee word aan elkeen van ons, want dit is genade. Dankie VADER vir U krag, U bemagtiging, U salwing, U liefde en U barmhartigheid wat U so mildelik uitstort oor ons, U kinders. VADER, laat U stroom lewende water deur ons vloei, sodat U Goedheid, U Waarheid en U Liefde sigbaar sal wees in ons optrede.

VADER, waar daar siekte is, wil U genees, waar daar hartseer is, troos bring en waar daar finansiele probleme is, sal U asseblief in die behoeftes voorsien.
Ek vra en bid dit in JESUS Christus Naam, Amen💋Goeie mòre! Geniet ‘n wonderlike dag!

Chris Horn | Vers ‘n Dag (Facebook)

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s