Sal jy vandág hemel toe wou gaan?

Vir die mense wat die HERE dien, sal HY goed wees. – 📖 Psalm 22 : 27 📖

ń Professor vra die klas: “Wie van julle wil graag hemel toe gaan?”
Omtrent almal steek hul hande op. Net daarna vra hy: “Wie sal vandág, nou, op hierdie oomblik hemel toe wou gaan?”

Nie een student het kans gesien om positief te reageer nie.

Wat sal jý antwoord as GOD jou vandag hierdie vraag vra? Sal jy onmiddelik “Ja HERE!” antwoord? Of sal jy HOM vra om jou darem maar net eers nog ń paar dae, maande, jare te gee … Dalk is daar nog ń klompie dinge wat jy eers sou wou afhandel, miskien wil jy graag jou kinders of kleinkinders sien grootword of is daar iemand wat jy eers wil om vergifnis sou wou gaan vra of aan wie jy self vergifnis wil gaan uitdeel?

Dit mag wees dat jy voel dat jy op hierdie stadium van jou lewe met leë hande voor GOD sal staan: dat jy regtig niks het om HOM te bied nie.  Nog niks gedoen het om SY koninkryk te bevorder nie. Of dalk wil jy net nog ń kans hê om nog méér vir HOM te doen?

Die GEES wil ons help om so te leef dat ons enige oomblik gereed sal wees om GOD te ontmoet. Ons moet HOM net toelaat om dit te doen, gehoorsaam wees aan SY Stem en werklik gaan leef op die manier hoe HY ons lei. Doen ons dit, is vandag nie te gou nie!

🙏🏻 IMMANUEL, maak my gereed om U te ontmoet, asseblief … Amen.

🕊👣 Şhåļøm 👣🕊

Milanie Vosloo | bron : Ousus

One thought on “Sal jy vandág hemel toe wou gaan?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s