Verslawing is ‘n verskriklike ding. Dit maak nie saak wát die verslawing is nie, dit steel by jou.
Nie alle verslawings is ooglopend sleg nie. Ongelukkig is hy geslepe en is sy doel om beheer oor jou te neem. Jy raak sy onderdaan en almal moet toegee aan sy vereistes.
Soms kan verslawing ‘n persoon se hele persoonlikheid verander dat dit onmoontlik raak om met die persoon saam te leef. Die persoon raak dalk ‘n boelie wat almal om hom stukkend slaan sodra die substans oorneem. Maar dis genadiglik nie altyd die geval nie.
Soms is die verslawing regtig ‘onskuldig’, soos byvoorbeeld koffieverslawing. Wat kan nou daarmee verkeerd wees? Solank dit net by ‘n koffieverslawing bly.
Of rook. Wat is nou daarmee verkeerd? Ja, dis nie altyd lekker vir die nie-rokers in die omgewing nie, maar rook kalmeer die persoon, so hoekom kla daaroor? Behalwe natuurlik dat jou hele liggaam…
View original post 409 more words