Waarom gebeur slegte dinge?

Nà sanger Jan de Wet se ernstige motorongeluk in Namibië het hy met die vraag geworstel waarom God dit nie verhoed het nie. Waarom gebeur slegte dinge? In sy worsteling het Jan vyf lesse geleer op sy reis tot aanvaarding.

Ons was op pad om vakansie te hou op my swaer se plaas in Namibiè. In die laaste gedeelte van ons 1 300 kilometer lange roete moes ons op ñ stukkie grondpad tot by die plaas ry. ñ Motor het van voor af verby ons gery wat baie stof veroorsaak het. Toe die stof effens gaan lè, was daar meteens ñ donkie kar reg voor ons in die pad.
Ek het uitgeswaai en nie besef dat ons op ñ draai was met ñ enkelbrug nie. Ons is oor die brug se reling en die motor het op sy dak bo-op ñ rots in die droè Namibiese rivierloop te lande gekom. Die motor was afgeskryf.
Met moeite het ons huisgesin uit die motor gekom. Ons was styf en seer, maar nie een is ernstig beseer nie. Waar ek langs die motor gestaan het met die wiele wat steeds draai, het dit tot my deurgedring dat nie een van ons dood is nie. Ek was dankbaar en het God geprys. Hierna het ek besef dat ek ñ tweede kans gegun is om God se woord te verkondig. Ek was opgewonde daaroor. Dit is egter toe dat die vraag my tref: As God ons dan so bonatuurlik in die ongeluk kon beskerm, waarom het Hy dit in die eerste plek toegelaat? Was dit weens sonde of iets in ons lewens wat nie reg is voor God nie?
In my worsteltyd met hierdie vrae het ek vyf belangrike lewenslesse geleer wat van waarde kan wees vir enigiemand wat dalk tans sukkel om sin te maak uit trauma waardeur hulle werk:

Les 1: Swaarkry is deel van die lewe. Jesus se in Johannes 16:33: “In die wèreld sal julle dit moeilik hè; maar hou moed: Ek het die wèreld klaar oorwin.” Slegte dinge gebeur, maar Jesus gee aan ons die outoriteit om dit te oorwin. En Hy maak ons sterk te midde van die stryd.

Les 2: Jy kan God se grootheid beleef. Stormtye in ons lewens skep ñ geleentheid waar ons God se grootheid kan beleef. In Johannes 9:2-3 vra Jesus se dissipels vir Hom hoekom ñ spesifieke man blind is. Was dit weens sy ouers se sonde? Jesus antwoord hulle egter: “Nee, dit is nie hierdie man of sy ouers wat sonde gedoen het nie. Hy is blind, want God wil hom gebruik om vir die mense te wys wat God kan doen” (Die Bybel vir almal).

Les 3: Jy kan bewus word van die krag van Jesus se Naam. In Spreuke 18:10 lees ons: “Die Naam van die Here is ñ sterk vesting; die regverdige vind daar skuiling.” In swaar tye beleef ons die krag van sy Naam. Toe ons van die brug afry, het ons hele gesin geskree: “Jesus, Jesus, help.” Hy het ons gedra.

Les 4: Jy kry nuwe fokus. In daardie oomblik toe ek die kar afskryf en ons langs die motor staan, het ek meer as ooit besef dat ek my lewe wil fokus, om weg te stap van die onbelangrike dinge wat soms my tyd beroof sodat ek eerder aandag kan gee aan dit wat werklik van belang is.

Les 5: Nou kan ons ander help. Omdat ek self deur diep worsteltyd gegaan het, kan ek ander mense met meer empatie en wysheid ondersteun.

bron : Ousus

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s