Het die lewe jou platgeslaan?

🖋 Milanie Vosloo 🖋 | bron : Ousus

My lewe is vol bekommernis. Help my tog om U Hand styf vas te hou.
En gee vir my krag. – 📖 Psalm 119:28 📖

Ons kan ons so dikwels siek maak oor gewone, alledaagse bekommernis, spanning en misverstande en dink dat ons daaglikse gebeurlikhede erg is.

Maar dan, op ń dag, tref die ergste ons en kry ons dalk onomkeerbare slegte nuus, word ons aan aan ń bed vasgekluister en besef ons dat die lewe nooit weer dieselfde sal wees nie.

Dis dan wanneer ons wéét: Die lewe gaan oor soveel meer as net die alledaagse oorlewingspyne. Die lewe gaan oor die lewe!

🙏🏻 Noudat ek vasgekluister lê, is dié dinge waaroor ek my so dikwels kwel van geen belang nie. Al wat saakmaak is om weer ń heelmens te word.

Hoe dikwels aanvaar ons so baie as vanselfspekend totdat dit in ń oogwink verdwyn.

Vergewe my my ondankbaarheid oor gewone dinge, oor gewone menswees. Hoe uitsonderlk is dit nie!

VADER, as dit U wil is dat ek weer ń “gewone” lewe sal hê, leer my dan om hierna ń waarderingslewe te leef, asseblief. Ja, leer my om die lewe te lééf! Amen.

♡🌹♡ Die enigste manier om pyn en hartseer te hanteer is om dit stukkie vir stukkie, uur vir uur, soos ń ernstige siekte te hanteer. Dit is selde die nóú, die presiese oomblik wat jy tans beleef, wat ondraaglik is. Dit is die vorentoe kyk wat ń mens klaar maak. ~ C. S. Lewis ~

🕇🕊⚘ Śhąļøm ⚘🕊🕇

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s