Dit is my skoonsus se verjaarsdag en ons is oppad Flora kliniek toe om vir haar in die hospitaal te gaan kuier. Sy is die vorige week met longkanker gediagnoseer, en ses maande gegee om te lewe. By die Rivoniaafrit besluit Ken dis tyd dat die garmin aangesit moet word – dié werk val altyd op die uwe – en loop gewoonlik op ‘n fiasko uit. Nee, die adres is klaar gelaai sit net die garmin aan, soek die regte plek en druk die “Let’s go” knoppie. Instruksies gee is maklik, maar dit is by die “doen” gedeelte waar die paw-paw gewoonlik die fan strike. Hierdie keer stel nie teleur nie, die garmin voeter om – die vrou se stem is stil toe sy moet praat -en ons ry verby die afrit waar ons moes afdraai.
Net daar op die besige hoofweg besluit Ken om sy selfoon se “maps” ook…
View original post 347 more words