Die lewe is nie ń sprokiesverhaal nie

🖌 Milanie Vosloo 🖌 | bron : Ousus

📖 Genesis 3:4~5 📖
“Julle sal nie sterf nie!” sis die slang. “GOD weet dat julle sekere dinge te wete sal kom wanneer julle daarvan eet. Julle sal net soos GOD alle kennis hê.”

Toe jy klein was, was die wêreld ~ en jyself ~ só mooi!
Waarom moes jy tog grootword en begin hoor en sien dat dit nie so is nie?
Was dit regtig nodig dat die seepbel van jou drome moes bars?

Net so kan ons vra:
“Eva, in die tuin van Eden was alles in jou lewe so perfek en volmaak.
Was dit regtig nodig om na die listige slang te luister en te doen wat hy sê?
“Want was dit nie vir die sonde nie, was ek en jy vandag steeds die hoofrolspeler van ons sprokiesverhaal~lewe.

Maar nou leef ons in ñ wêreld waarin ons elke dag vaskyk teen die volmaakte lyfies van perfekte modelle en dan wéét: Ons is toe nié die volmaakte prinse en prinsesse nie.
Ons is gewone mense met skewe neuse, ronde wange, onooglike dimpels en ń klomp ander onvolmaakthede.

Die feit is dat GOD nie ons mooi klein seuntjie of dogtertjie~drome aflag nie.
Inteendeel:
HY is dié EEN wat ons liefhet vir die mens wat ons is wanneer ons,
soos Koos du Plessis sing, eensaam en alleen, soos die vrou voor ń spieël, voor HOM staan.

🗣 Glo vandag dat jou SKEPPER jou steeds as SY kosbare kind beskou en dat HY jou skroomloos liefhet!

🙏🏻
MAKER van my lewe, vandag wil ek myself sien soos U my sien. Help my asseblief daarmee.
Amen.

🕊📖 Šhăłøm 📖🕊

One thought on “Die lewe is nie ń sprokiesverhaal nie

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s