“GEBED VIR SA”

bron | Ousus

HEMELSE VADER. Ons roep U vandag SPESIAAL aan oor SA. Oor ons kosbare land en al sy mense. Ons vra vir U VERGIFNIS en GENESINGS in JESUS Naam. Troos elke bedroefde familie wat ‘n GELIEFDE deur die dood verloor het as gevolg van geweld en misdaad. Ons beroep ons op U as die REGVERDIGE REGTER.

U is ons enigste REDDER en VERLOSSER. U is ons VREDEVORS en VERSOENER. Vergewe asseblief ons liefdeloosheid en verwerping. Ons selfsugtigheid en hoogmoed. Ons misdaad en korrupsie. Ons ongevoeligheid en onvergewensgesindheid. Ons kies om mekaar te VERGEWE en vry te spreek in JESUS Naam.

Om U SEËN af te bid oor elke kosbare mens in SA. U leer ons om te SEËN, en nie te vervloek nie. Om nie wraak te neem nie, maar die wraak aan U oor te laat. Ons BEKEER ons opnuut tot U Liefde en Lig. Tot U Gees en Gesindheid. Tot U Woord en Gebed.

Ons bid vir elke LEIER in ons land … op elke terrein van ons samelewing. Vir raad en wysheid. Vir Goddelike INSPRAAK, regverdigheid en visie. Help elkeen van ons om U LIGDRAER te wees by elke persoon met wie ons in aanraking kom. Ons bid U BESKERMING en GENESING af oor SA. U bonatuurlike HERSTEL en VOORSIENING. Dankie VADER. Ons ONTVANG dit met kinderlike GELOOF in JESUS Naam. Amen

“SIRKEL VAN GENESING”

3 thoughts on ““GEBED VIR SA”

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s