Lê-jou-eier: Wat maak Kameel bang
Die oumense was lief vir spookstories vertel, en dit het die hare op jou kinderlyf penregop laat staan. So ek was bang vir spoke maar het darem die bangheid ontgroei. Wat ek egter nie ontgroei het nie is engtevrees. Ek glo die vrees vir noutes het begin die dag toe die kalf in die put geval het. Nou goed, dit was nie ‘n put nie maar ‘n jakkalsgat of iets soortgelyk, en ‘n pasgebore kalf het daar ingeval. My oupa het staan en kopkrap – ons was nie naby die huis nie, maar vêr in die veld – toe besluit hy ek is net die regte grootte om in die gat kop eerste af te sak, die kalf aan sy pote beet te kry, en dan sal hy my kalf en al aan die voete weer terug aarde toe sleep. Ek het my laat afsak…
View original post 617 more words