Grootman se Trane

bron : sosiale media – ‘n gedig deur Burre Burger wat werksaam is om voer aan te ry vir boere in droogte geteisterde areas. Uiteraard is fondse broodnodig om hierdie aksie moontlik te maak en indien u dit graag sou wil ondersteun klik op die skakel hieronder.  Burre Burger vanaf Vredendal se skakel op Facebook

Image may contain: sky and outdoor

Grootman se Trane

Oom hoekom huil jy terwyl jy moet lag
Jy kry voer vir ‘n slag…
Eers vra jy vrae maar besef dan daar is omgee
God sal weer die stof kom wegvee.

Jy moet lag, maar jy huil so fyn
En laat voel my eweskielik so klein
Ek wil huil maar ek moet sterk wees
Wat ek doen is vir my n fees

Oom hoekom huil jy dan nou
Voer Jesus iets in die mou
Bring Hy ons nader aan Hom?

Oom ek wens jou trane niemand toe
Jy wat moet planne maak, wie weet hoe
Oom jy huil maar jy moet lag

Oom ek bid vanaand vir jou
Mag God jou in sy hande toevou
Jy moet nie huil oor ‘n seën,
Wie weet net môre stuur God miskien reën.

Oom nou is ek klaar gerym, ek bid regtig vanaand vir jou…

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s