Vanoggend bring ‘n kollega haar ontbyt in ‘n margarine bakkie werk toe – groot was die verrassing toe daar slegs margarine in haar bakkie is. Dit laat my dink aan my Ouma.
My ouma het die nare gewoonte om NIKS in hulle oorspronklike verpakking te los nie. Die sunlight liquid word in ‘n powerade bottel oorgegooi – die spuit glo makliker. Die olie word in een van daai rooi tamatie sous bottels met die wit spuit proppe gebere – glo mors mens minder olie so. Laaste maar nie die minste nie word die Omo in die Cerebos sout houer gegooi saam met rys (?!?!) – so doende kan sy makliker ‘n pasta maak om kolle uit te haal.
Oupa word ewe skielik siek en die wereld daal op die plaas neer. Ek gryp ‘n sak uie en begin verwoed skil – pap en sous sal om die menu wees vir…
View original post 63 more words