Daar het al amper drie jaar verloop sedert die twee meisiekinders braaf deur die nuwe skoolhek gestap het om ‘n nuwe seisoen te betree na ‘n slegte ervaring.
In 1979 het ek ook so nuwe ervaring gehad. My pa was deel van die ou Departement Samewerking en Ontwikkeling in Ciskei en ons het vir ongeveer vyf jaar op die pragtige Oos-Kaap dorpie Alice gewoon. Daar was ek in sub A slegs die vierde kind in die skooltjie van so bietjie meer as ‘n honderd leerlinge se geskiedenis wat met die “verkeerde” hand my potlode vasgehou het. Maar ek het ‘n baie oulike onderwyseres gehad wat moeite gedoen het om hierdie hotklou se skrif in bietjie langer as ‘n jaar van ‘n C- tot B te neem.
Gedurende April 1979 breek daar egter ‘n nuwe seisoen vir die Bester-huishouding aan en beland in ‘n nuwe skool in die Noorde met meer…
View original post 320 more words