En nou: die dae sonder ‘n moeder

'n Geseënde Leeftyd

Toe is my ma weg die naweek na Moedersdag.

Ek was hierdie jaar vir die eerste keer in jare nie op Moedersdag by my ma nie, want ek het reeds reëlings getref om die naweek daarna Johannesburg toe te vlieg vir ‘n besigheidsaangeleentheid. Ek het gedink dit sal nie saak maak as ons Moedersdag ‘n week later vier nie; haar geskenkie was reeds in my tas – die skulpies en strandklippies wat ek haar belowe het. Maar ek was verkeerd en een week te laat.

Met die afklim van die vliegtuig af laat die Vrydagmiddag het ons ‘n boodskap gekry dat dit “nie goed gaan” met my ma nie en ons is direk van die lughawe af na die ouetehuis toe. In haar bed het sy gelê met haar oë styf toe, ‘n klein bondeltjie mens, so lig dat ek haar kon optel om die komberse om haar los…

View original post 344 more words

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s