moenie se ek het julle nie gewaarsku nie

deur Wag ‘n Bietjie

Eergisteraand omstreeks 21:00 het ek ‘n drukking gevoel in my linker flank. Stelselmatig het die pyn erger geraak en nadat ek louwarm water met bietjie appelwynasyn (apple cider vinegar) gedrink het so teen elf-uur die aand gaan lê. Gisteroggend toe ek net na drie-uur wakker word was die drukking en die pyn weg.

Die vorige keer dat dit met my gebeur het is in die vroeë tagtiger jare en my vrou moes my daardie tyd hospitaal toe neem. Oornag in die hospitaal het my liggaam die niersteen uitgeskei.

Gisteraand ook so teen nege-uur het die pyn teruggekom maar heelwat erger. Ek het later begin opgooi en het koue koors gekry. Omgelukkig is daar nie ‘n dokter op die dorp nie en  omrede ek nie juis andersins hoofpyn kry nie het ek geen medikasie om die pyn bietjie te verdoof nie. Baie dom van my. Met die pyn het ek maar gaan lê maar was kort-kort op. Dit kom daarop neer dat daar geen liggaamsposisie is waar jy van die pyn kan ontsnap of dit verminder nie. Vanoggend het ek net voor drie wakker geword en die pyn is weer weg. Sal maar vanoggend deurry stad toe (±149km) en ‘n dokter gaan raadpleeg. Hoop maar die pyn kom nie terug nie want dit sal dan baie moeilik wees om te bestuur. Sal ‘n finale besluit neem bietjie later vanoogend.

Morne Smith het die volgende artikel daaroor geskryf …

moenie sê ek het julle nie gewaarsku nie

deur morne smith

Dit is twee-uur in die oggend in die hartjie van die Bloemfonteinse winter. Met net jou neus wat bo die kombers uitsteek slaap jy vas met so spoegdraadjie op jou kussing droom jy van jou kruishare op n sestig duim kudu se blad. Skielik is daar n onverklaarbare pyn in jou lae rug en jou onderbewussyn se vir jou positiewe dat jy nog nooit rerig met rugpyn gesukkel het nie. Die volgende oomblik voel dit vir jou of iemand n bloedrooi warm dropper in jou nier gedruk het en terwyl hy dit al in die rondte roer trek hy dit uit en steek dit weer in.

Yip dit is ‘n niersteen, maar die dr gaan dit eers oor ‘n uur of so aan my vrou vertel. Ek bly amper dertig kilo’s van die hospitaal af en die volgende dertig minute raak baie vinnig baie ernstig. Terwyl my Ma op die hoewe langsaan haar pantoffels en kamerjas aantrek om my kinders te kom oppas krul ek soos n afkopslang met my kaal rug op die yskoue kombuisvloer rond. My brein vertel die heeltyd vir my dat geen mens soveel pyn kan weerstaan en kan leef om die storie te vertel nie. Die vark met die warm dropper hou aan roer en steek. Om alles te kroon word jy oombliklik naar. Die hel alleen weet hoekom. Jy skiet katte en bak pizzas totdat die een aartjie in my oog bars.

My vroutjie sukkel om my in die bakkie te laai sodat sy soos n besetene deur die strate kan jaag. My Ma het teen hierdie tyd opgedaag en ook solank die noodgevalle gebel om te se dat n groot man wat huil soos n baba oppad is. Elke knikkie in die pad voel soos n halfmeter diep donga en my vrou doen haar bes om my so vinnig moontlik by die pynmiddels uit te kry. By noodgevalle aangekom wag hulle vir my met ‘n rolstoel en n spuit vol pethadine. Nou begin die sports eers.

Teen hierdie tyd het ek al begin hiperventileer val al die kort asemhaal. Die jong sustertjie vra om verskoning vir die prik wat ek gaan voel van die drup se naald. Ek dink by myself sy kan my arm lewendig amputeer ek sal dit nie eers voel nie, want die dodende pyn in my nier maak my bang dat ek gaan doodgaan en later is ek bang dat ek nie meer gaan doodgaan nie, want dit sal nogal gerieflik wees op hierdie stadium. Die noodgevalle bed is te klein om op te le, want jy lê en krul en brul soos iemand wat wolwegif ingekry het.

Dit is beslis die jong susterjie met die drup se eerste pasient met nierstene, want ek hoor sy se vir haar kollega sy kan dit nie meer hanteer nie. Hulle gaan roep so ‘n rooikop saalsuster en sy raas verskriklik met my omdat ek al vir die derde keer hiperventileer. My mond en lippe is so droog soos ‘n 100 jaar oue perdesaal in die Australiese “Outback” Teen hiedie tyd het jy al twee keer jou bewussyn tydelik verloor om maar net weer by te kom en agter te kom dat die pyn nog niks beter is nie. Ek hoor nou die kwaai suster wys vir die dr. dat sy nou die vyfde pynmiddel gaan toedien en wil he dat hy die dosis moet bevestig. Sy vra baie hard reeds en duidelik vir my of ek allergies is vir enigiets. Ek wou nog se nierstene, maar op die stadium het ek nog nie geweet wat my makeer nie.

Na ‘n halfuur het die pyn begin bedaar en het my sig en gehoor begin terugkeer na normaal. Nog net eenkeer die bruinsakkie voor my mond gehou om vir ‘n laaste keer vir George te roep. Nou begin die kamer waar ek lê perspektief kry. Die rooihaar suster sê vir my geluk, want dit is die naaste wat ‘n man gaan kom aan kraam sê sy. Ek weet in my diepste wese dat sy nog nooit in haar lewe ‘n niersteen gehad het nie.

Hierdie gewaarwording van my sou later deur tientalle brawe vrouens wie alreeds kinders en klippe gehad het onomwonde bevestig word. Een tannie met 5 kinders het eendag gese dat sy nog 5 kinders op haar rype ouderdom sal hê, soank sy nooit weer ‘n niersteen hoef te hê nie. Vanaand slaap ek lekker met al die gif in my bloed. Moreoggend wil ek huis toe gaan, maar die loodgieter se ek is oppad teater toe om die steen met n laser stukkend te skiet.

Die x strale(x Strale?) ek kan nie eers onthou dat hulle kiekies van my geneem het gisteraand nie. Oor ‘n uur lê ek buite die teater in my ontwerpers rokkie en onderbroek. Die gawe suster in die teater glimlag vir my terwyl hulle ‘n melkerige vloeistof in my drup druk en ‘n suurstofmasker oor my mond druk. Sy glimlag en ek voel hoe die nafels my ooglede toetrek.

Ek word wakker my vroutjie en twee dogtertjies glimlag vir my. My lyf is so seer van laasnag se rondrol, rondkruip en braking. Langs my bed staan ‘n botteltjie met ‘n steentjie in so groot soos ‘n bic pen se punt. Ek kan nie glo dat so ‘n klein dingetjie ‘n man op sy kniee kan dwing nie. Ek vra my vrou om my na die badkamer te vergesel. Eers voel dit of ek verstop is. Die volgende oomblik piepie ek rooi partytjie koeldrank.

Voordat die skok tot my deurdring voel dit of iemand anders ‘n mes in my flenternier druk. Ek sou later leer dat dit die stent tussen my nier en blaas is wat my nou van voor af wens ek kan sommer net doodgaan. Vir die volgende twee weke piepie ek ten minste sewe keer op ‘n dag. Na die dropper en nou die mes sou ek al gedink het dat my nier nie meer kan pyn nie, want daar moet niks van hom oor wees teen hierdie tyd nie.

Ek gaan huis toe met ‘n nuut aangebore vrees vir piepie. Die loodgieter se dat ek ten minste 3l water moer drink elke dag, want ek moet ten minste 2l piepie. By die huis maak my vrou vir my ‘n warmwaterbottel nadat sy die water twee keer gekook het, waag ek dit om my blaas te gaan leegmaak, want my blaas is so vol dat ek al ‘n soutsmaak in my mond kry.

Ek stap badkamer toe soos ‘n man met ‘n galgtou om sy nek. Ek leun teen die muur lig my linker been effens druk die steeds borrelende warmwatersak teen my kaal rug waar my nier voorheen was. Die diamantpatroon van die rubber was teen hierdie tyd permanent in my vleis ingebrand en die reuk van halfgaar mensvleis hang in die lug. Hier kom dit Eers die koeldrank en dan die messteek, sewe keer op ‘n dag vir twee weke.

Na twee weke van grysword en skel gaan ek terug hospitaal toe vir die prosedure om die “free flow” uit tehaal. Weer word ek wakker en is te bang om te gaan piepie. Ek bel my sielkundige en na ‘n uur se telefoniese berading oortuig sy my om badkamer toe te gaan. Vir morele ondersteuning vra ek haar om aan te hou aan die ander kant. Weer rooi koeldrank reg van voor af, maar geen vark wat my met ‘n mes steek nie. Die lewe is weer ‘n lied.  WEES GEWAARSKU Om julle nie te onstel nie het ek probeer om dit so realisteis moontlik te vertel en Glad nie te oorreageer nie. DRINK WATER OF BIER. DRINK MINDER KOFFIE, COKE. EET MINDER ROOIVLEIS EN DONKER SJOKOLADE VERMY KOSSE WAT SUUR VROORSAAK. GLO MY MAAR EK HET SOPAS MY 18 DE NIERSTEEN GEHAD MY LINKERNIER IS NOG BESAAI MET STENE AS JY OEFEN OF SWEET DRINK NOG EKSTRA VLOEISTOWWE .

GROETE  MORNE

Advertisements

2 thoughts on “moenie se ek het julle nie gewaarsku nie

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s